Cannes-rolprentfees 2011

  Cannes-rolprentfees 2011 

Datum 11-22 Mei 2011
Plek Cannes, Frankryk
Aanbieder  Mélanie Laurent
Getal prente  20 (In Kompetisie)
21 (Un Certain Regard)
9 (Kortprente)
Webtuiste  Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek  Midnight in Paris
Afsluitingsfliek  The Beloved
Palme d'Or  The Tree of Life
Robert de Niro, voorsitter van die jurie, op die fees.

Die 64ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 11-22 Mei 2011 gehou.[1] Die Amerikaanse akteur Robert de Niro was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie.[2][3] Die Franse aktrise, sangeres en regisseur Mélanie Laurent het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[4] Altesaam 50 rolprente en kortfilms is vertoon.

Die Amerikaanse rolprent The Tree of Life, met Terrence Malick as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Woody Allen se Midnight in Paris[5][6] en afgesluit met The Beloved van Christophe Honoré. Die openingsfliek van die Un Certain Regard-afdeling was Gus van Sant se Restless. Die Italiaanse regisseur Bernardo Bertolucci het ’n ere-Palme d'Or ontvang.[7]

  1. "Festival de Cannes 2011". festival-cannes.com (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 1 Januarie 2011.
  2. Hopewell, John; Keslassy, Elsa (6 Januarie 2011). "Robert De Niro to head Cannes jury". Variety (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2012. Besoek op 6 Januarie 2011.
  3. "Robert De Niro to head Cannes Film Festival jury". BBC News (in Engels). 6 Januarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2020. Besoek op 6 Januarie 2011.
  4. "Cannes 2011 : Carla Bruni, Mélanie Laurent et les films attendus!". Yahoo (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2011. Besoek op 5 Maart 2011.
  5. Leffler, Rebecca (2 Februarie 2011). "Woody Allen's 'Midnight in Paris' to Open Cannes Film Festival". The Hollywood Reporter (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2019. Besoek op 2 Februarie 2011.
  6. "Woody Allen's film featuring Carla Bruni opens Cannes Film Festival". RFI. 12 Mei 2011. Besoek op 12 Mei 2011.
  7. "Bernardo Bertolucci to receive Palme d'Or honour". BBC News (in Engels). 8 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019. Besoek op 12 April 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search